Ons Gemeente

In die lieflike platteland aan die voet van die Magaliesberg, in Schoemansville is die Gemeente Schoemansdal geleë.
Die grond is in 1976 aangekoop en die bouwerk aan ons gemeente begin 1985 onder leiding van die Magaliesmoot gemeente.
Op 3 Maart 1989 spit ons die eerste sooi en die gemeente stig op 25 November 1995 finaal van Magaliesmoot, Kameeldrift-Wes af.
Schoemansdal, was ‘n dorpie suid van Soutpansberg en die dorpie het 1867 tot niet gegaan.
Die dorp was vernoem na Genl. Stephanus Schoeman en sy seun Genl. Hendrik Schoeman is waar die dorp Schoemansville (waar ons gemeente geleë is) sy naam vandaan kry.
Om dus die “ou” Soutpansberg Schoemansdal-gemeente se naam in ere te herstel vernoem ons, ons gemeente na die eerstydse gemeente.
17 Maart 1996 word Ds. H J M W Pretorius as die eerste predikant bevestig.
28 Julie 2002 word Ds. W F Venter in die gemeente bevestig.


Proudly powered by WordPress. Designed by Creative Goose







