Huis Hervs
Huis Hervs is ‘n nie winsgewende instansie vir die versorging van bejaardes, onder die bestuur van die Ned. Herv. Kerk Schoemansdal.
In ‘n veilige, still, dorpsomgewing waar bejaardes met respek en waardigheid behandel word, is Huis Hervs ‘n keuse wat volkome gemoedsrus aan bejaardes en hulle families bied.

Kies Huis Hervs vir jou geliefde

- Bekostigbaar
- 24 Uur versorging
- Gekontrolleerde toediening van medikasie
- Vervoer na dokters en hospitale
- Veilige omgewing
- Nege enkelkamers
- Volledig toegeruste badkamers
- Daaglikse skoonmaakdienste
- Drie tuisgemaakte etes daagliks
- DSTV
- Geen spesifieke besoek tye
- Wasgoed word gewas

Wat ons inwoners beleef
“Die rustige, netjiese en veilige plekkie met dierbare, bekwame personeel. Mense wat na jou geliefdes omsien soos jy self sou wou doen, en nog beter. Mense wat joú mense, met respek en liefde versorg. Dit was ñ baie moeilike besluit, maar vandag kan ek met gemoedsrus en ñ dankbare hart sê, hierdie mense is waarlik engele op aarde, wat regtig elke dag ñ ekstra myl stap vir elke inwoner en hul behoeftes. Gereelde fotos en terugvoer oor ouma se welstand maak verlange bietjie beter. Ouma is sommer ñ ander mens vandat sy daar is en sien uit daarna om terug te gaan nadat sy bietjie kom kuier het. Ek kon nie vir n beter tuiste gevra het nie“
Christa



Proudly powered by WordPress. Designed by Creative Goose


